"Die Koperkapel" deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #28103] |
Mon, 22 November 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
DIE KOPERKAPEL
Louis Leipoldt
Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond:
Dit het gereën; die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond.
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: Ek dink
Die reën kom weer vannag.
Maar die geitjie piep: Dis glad nie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi?
En die wyse steenuil waag sy woord:
Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed.
|
|
|
Re: "Die Koperkapel" deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #51460 is 'n antwoord op boodskap #28103] |
Thu, 11 October 2001 13:32 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
GREAT!!!
______________________________________________________
DIE KOPERKAPEL
Louis Leipoldt
Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond:
"Dit het gereën; die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond."
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: "Ek dink
Die reën kom weer vannag."
Maar die geitjie piep: "Dis glad nie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi?"
En die wyse steenuil waag sy woord:
"Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed."
|
|
|